Afstammelinge (en Aanverwante Familielede) van

Stamvader JACOB DIEDERIKS (*1686)

Stamvader JACOB DIEDERIKS (sy van was so gespel op sy testament: sien MOOC 7-1-7 NO. 88), is van "Klötzenhof", Dorp "Bleckmar", by "Bergen in der Heide".

Hy was gedoop in Bergen, "St. Lamberti" kerkie op 9 Mei 1686.  Hy was verder ook 'n soldaat in diens van die "Holländischen Ostindien Kompanie". Hy het tussen 1727-1730 as 'n soldaat van Bergen op die skip "Amsterdam" (of op die Dumme vanaf Lüneburg, Duitsland) by die Kaap aangekom en was later 'n kleremaker.

Hy trou op Paarl 9 Julie 1741 met Martha NORTJE.in Suid Afrika. Hulle het 5 kinders gehad waarvan die 5de (en enigste seun), Jacob, die van voortgedra het (hy self het 8 kinders gehad – 7 seuns en 1 dogter).

 

Hierdie webblad bevat nie net afstammelinge van hom nie maar ook heelwat aanverwante familie lede wat insluit spellings DIEDERICKS / DIEDERICHS / DIEDERIKS (soos op 12 Jul 2009).  Uit die aard van die saak beywer ek my daarvoor om data so korrek moontlik weer te gee.  Dit is en sal seker altyd 'n werk "in proses" bly.  Stuur dus gerus enige veranderings en/of kommentaar na my.

 

Hieronder ’n paar FAMILIE WAPENS waarvan ek bewus is.  Laat my ook weet indien u weet van enige ander kopieë wat bestaan.

 

Familie Wapens vanuit Duitsland, soos vervat in Genealogiese Navorsing deur ene “Blaum” van Duitsland word hieronder vertoon.  Hy het in 1970 sy navorsing aan President Nic DIEDERICHS oorhandig.  Sy dogter, Lente, het dit vriendelik aan my beskikbaar gestel.  Sy en haar man Ben WILKENS is ook in besit van die Familie Bybel wat behoort het aan Jacob Hendrik DIEDERICHS (b5c8d1), agter kleinseun van stamvader Jacob.

2005_12_15_0016.JPG‘n Ietsie meer oor hom:

Hy was ‘n Veeboer op plaas Zuurfontein, Distr. Heilbron in OVS. Oorlede in ouderdom: (71j).

Volgens sy sterfkennis was hy 71 jaar oud wat beteken hy moes in 1814 gebore gewees het en nie in 1813 nie.  Tensy hul die datum in SAG verkeerd het.

Bron: VAB: [MHG D167 (1885)] DIEDERICKS, Jacob Hendrik

Nota: Sy name is ook andersom op sy eie seun HJD se sterfkennis nl. Hendrik Jacob

Bron: VAB: [MHG 22042 (1929)] Hendrik Jacob DIEDERICKS

 

 

 

 

1. Wapens uit Duitsland:

DIEDERICHS_Duitsl                      DIEDERICHS_Duitsl_1706

2. Wapen in algemene omloop in Suid Afrika.

(NOTA: Ek kon nog nie bevestig of hierdie die amptelike DIEDERICKS wapen is nie, aangesien dit nog nie geregistreer is by die Buro vir Heraldiek in Pretoria nie).

Diedericks_RSA

 

3. Hier is selfs ook ‘n Amerikaanse ontwerp wat ek raakgeloop het. (http://www.houseofnames.com)

Diedericks_USA_1

 

Behalwe vir bogenoemde wapens, kon ek nog geen in familie besit raakloop nie.

 

Indien u van die inligting soos vervat in die webblad gebruik, gee asb erkenning aan die bron.


Inhoudsopgawe


Webblad opgestel en voorberei deur:

Otto DIEDERICKS
Posbus 12226
Hatfield
Pretoria
Tel: +27 (0)83 630 3091

Stuur epos na/Send email to: O t t o AT D i e d e r i c k s DOT c o DOT z a (h1) of/or O t t o D AT a b s a m a i l DOT c o DOT z a (h2)

Webblad: www.Diedericks.co.za


This web site produced 12 Jul 2009 by Ancestry Family Tree, a product of Incline Software, LC.